Warning: Creating default object from empty value in /home/passi/public_html/wp-content/themes/canvas/functions/admin-hooks.php on line 160

Organiese Voeding

Hoe om jou eie rooi erdwurm boerdery te begin

Dit is nie duur om jou eie wurm boerdery te begin nie en daar is geen oorhoofse kostes nie, aangesien hulle van kombuisafval lewe en nie baie spasie verg nie. Om te begin het jy ‘n krat nodig (vermi-compost) of enige ander krat met genoeg ventilasie en gaatjies aan die onderkant sodat jou wurm tee kan deur syfer. Onder in jou krat begin jy deur vir jou wurms ‘n bed te maak met geskeerde karton, koerantpapier en fyn blare, als materiale wat water kan absorbeer, maar ook kan dreineer. Maak die material nat en droog dit uit voordat dit in jou krat geplaas word. Karton is ‘n huis vir die wurms maar voorsien op die lang termyn ook vir hulle kos. Karton en ander bruin materiale hou ook die koolstof inhoud hoog.

Jy kan nou bietjie grond van die tuin oorsprinkel, dit help met die wurms se spysvertering. Voeg nou ander droë materiale en kombuisafval by en sprinkel met water. Wag ten minste vyf tot sewe dae voor jy die wurms byvoeg. Wurms moet bygevoeg word saam met van hulle huidige material. Wanneer wurms bygevoeg is wag nog twee dae voor nog kos bygevoeg word sodat wurms eers gewoond kan raak aan hulle nuwe bedmateriaal. Vir ‘n klein krat behoort jy met ten minste 300 tot 500 wurms te begin.

Wurmkos:

  • Die beste kos keuses vir wurms (hulle nommer een keuse!) is waatlemoen.
  • Groente: Boontjies, beet, kool, blomkool, komkommer, selery, blaarslaai, aartappel skille, pampoen, spinasie, ens.
  • Vrugte: Avocado, appel, piesang, perske, guavas, appelkose, pere, ens.

Hoe fyner die kos is hoe makliker kan hulle dit verteer. Fyn gekapte eierdoppe is ook baie belangrik aangesien hulle die kalsium nodig het en dit die suur in die krat neutraliseer. Wurms hou ook van tee sakkies. Die wurms benodig lae onderhoud en kan ‘n paar weke gaan sonder kos. ‘n Handjie vol kos elke dag is genoeg. Saam met elke handvol kombuisafval moet n stuk bruin afval saam bygevoeg word om die stikstof en koolstof inhoud konstant te hou.

Onder jou krat waar jy dreinerings gaatjies gemaak het sal jou wurm tee uit dreineer, binne drie maande behoort jy al jou eerste wurm tee te hê. Verdun dit met bietjie water en gebruik in jou tuin vir n vloeibare kunsmis wat insekte uit jou tuin hou, wortelgroei verbeter en jou plante help om voedingstowwe beter op te neem.

Uitreksel uit Passi 16, teks deur Renata van Tonder.

Subscribe

Subscribe to our e-mail newsletter to receive updates.

Comments are closed.