Warning: Creating default object from empty value in /home/passi/public_html/wp-content/themes/canvas/functions/admin-hooks.php on line 160

Organiese kompos in jou agtertuin

Ons kan almal ‘n bydrae tot ‘n groener lewe maak deur ‘n komposhoop te begin. Dis maklik en vinnig en verg geen ekstra koste of werk nie. Begin deur ‘n gedeelte af te baken – verkieslik in ‘n hoek waar jy reeds twee kante het en net nodig het om die ander twee kante te bou of sommer net afskortings wat regop gehou kan word. Vir ‘n gemiddelde tuin sal ‘n hoop van so 2×2 meter en 30 cm hoog voldoende wees, maar dit sal afhang van elke tuinier se behoefte om dalk meer gereeld kompos te gebruik. 

Jy kan enige afval daarin plaas: tuinafval (so fyn as moontlik), kombuisafval (behalwe vleis en suiwel wat jou hoop kan laat vrot), koerantpapier en karton, eierdoppe, teesakkies, groente- en vrugteskille. Die hoop moet goed kan dreineer, daarom is die beste metode om dit direk op die grond te hê. Hou die hoop klam.

As jy toegang het tot stalperdemis kan dit jou hoop net bevoordeel. Probeer die hoop minstens elke tweede of derde week om te spit om sodoende lug in te kry.

As jou komposhoop warm binne-in is, kan jy weet dit begin werk en jou materiaal is besig om te af te breek in fyner dele en jou mikro-organismes is aan die werk.

 Ná omtrent ses maande behoort jy jou kompos te kan gebruik om in beddings in te werk of as ‘n voeding vir jou grasperk. Begin dan weer met jou volgende hoop.

kompos_01

 

 

Subscribe

Subscribe to our e-mail newsletter to receive updates.

No comments yet.

Leave a Reply