Warning: Creating default object from empty value in /home/passi/public_html/wp-content/themes/canvas/functions/admin-hooks.php on line 160

Olivia, Monique & Jeanette

belle3

Olivia Botha

Art de Kids” geïnspireer deur “Art de Olivia”, is ‘n projek om laerskoolkinders met ‘n passie of talent vir skilderkuns as kunstenaar-entrepreneurs op te lei. Hierdie is my 20ste bestaansjaar as skilder. Ek het reeds op 11-jarige ouderdom begin skilder en my kuns verkoop. In my matriekjaar is ek aangewys as een van ABSA se top vyf entrepreneurs en dit het groot deure vir my geopen. Daarom is dit my passie om kinders dieselfde geleenthede te gee. Gedurende vakansies word ‘n opwindende program by ons nuwe studio in Dan Pienaar aangebied, waar kinders kan kom skilder, lag en geestelik verryk word. Kinders ontvang verfbenodigdhede en etes. November 2013 hou ons ‘n groot kunsuitstalling by Pepper Tree, waar die kinderkuns te koop aangebied word. Elke kind ontvang erkenning, vergoeding en die gevoel van entrepreneurskap word aangewakker. ‘n Webtuiste vir die kinderkuns word deur Pure Weddings ontwerp. Dieselfde program word gedurende vakansies vir ‘n bevoorregte groep kinders aangebied teen ‘n fooi, wat ten bate van die projek aangewend sal word. Hulle ontvang dieselfde voordele en bemarking en is deel van die groot uitstalling. Verskeie borge is reeds deel van die projek en as u graag deel daarvan wil wees, kontak my gerus!

www.artdeolivia.co.za

artdeolivia@vodamail.co.za

0766077315

 

Jeanette Geldenhuys

Boodskappe van hoop vanaf die Uhuru-piek op Kilimanjaro

‘n Groep van tien Bloemfonteiners  het op die verjaarsdag van oud President Mandela Kilimanjaro begin klim om boodskappe van hoop teen die berg op te dra namens ‘n groep wat nie altyd self kan praat nie.  Die groep ‘Team Hope Kili’ het die berg geklim om fondse te genereer vir Die Vereniging vir Persone met Gestremdhede in die Vrystaat.

Hierdie projek was ‘n bewusmakingsveldtog met die boodskap dat dit nie saak maak wat jou fisiese of geestelike gestremdheid is nie, jy nog steeds hoogtes kan bereik en ‘n voorbeeld vir ander wees. Team Hope Kili  klimmers het alle vakke van die bevolking verteenwoordig .  Die diverse groep het bestaan uit ‘n gestremde, ‘n sewentienarige skoolseun, drie dokters, ‘n uitvoerende bestuurder van ‘n Selfoon Maatskappy en drie adrenalien geesdiftiges. Die projekleier was Gerhard Greyling die bestuurder van die Kopano Werkswinkel vir Gestremdes. Die Mandela Stigting  het  een van die boodskappe van hoop voorsien wat gelees was  op ‘n volmaan aand toe die klimmers die Uhuru piek bereik het.

076243 5848 

jeannettegeldenhuys@gmail.com

 

Monique Coetzee

Santashoebox-Projek 2013

1 000 kindertjies, 1 000 glimlaggies!

Ek kry by die onderskeie instansies behoeftige kindertjies se name, geslag en ouderdomme. Hierdie name word op die webtuiste gelaai en die skenker kan dan die webtuiste besoek.

Wat dit so uitsonderlik en spesiaal maak is dat die skenker die ouderdom en geslag van die kind ken. Saam, as gesin, kan daar ‘n kind op die webtuiste gekies word, saam kan die geskenkies gekoop word en saam word die skoenboks versier. Die versiering is belangrik aangesien die boksie weer gebruik kan moet word. Die deksel moet dus apart van die bodem van die boksie wees.

Die skoenboksie word dan gevul met noodsaaklikhede soos

  • waslap en ‘n sepie
  • tandepasta en tandeborsel
  • stelletjie klere
  • opvoedkundige speelgoed
  • ‘n lekker speelding
  • ‘n soetdingetjie
  • enige ietsie ekstra!

Hierdie boksie gaan dan aan ‘n spesiale mensie, wat heel moontlik nog nooit vantevore ‘n geskenk ontvang het nie. Die koste van die boksie moet sowat R150.00 beloop.

Besoek gerus: www.santashoebox.co.za

 

Young Hearts:

Hierdie projek is spesifiek om bejaardes bietjie te bederf. Bejaardes voel dikwels hulle is vergete…Hierdie projek poog om hulle harte weer onverwags op ‘n gewone dag bly te maak.