Warning: Creating default object from empty value in /home/passi/public_html/wp-content/themes/canvas/functions/admin-hooks.php on line 160

Marelize & Marlene

belle1

 Marlene Jooste

In die media verwys hulle na Marlene as die “Dream Catcher”. Geen wonder nie, aangesien Marlene reeds meer as 400 kinders met lewensbedreigende siektes se drome laat waar word het. In baie gevalle was dit regtig laaste drome wat bewaarheid is.

Die projek se voortbestaan is te danke aan `n wonderlike Bloemfonteinse sakegemeenskap en borge, wat die projek ondersteun. Enige iemand word uitgenooi om Marlene te kontak indien hulle bewus is van kinders met lewensbedreigende siektes, of indien iemand as borg wil optree deur `n siek kind se droom te bewaarheid.

Marlene is ook die stigter van die Guardian Angel-inisiatief. Persone, wat belangstel om `n kind (kinders sonder ouers) wat saam met hulle verjaar, te bederf op hul verjaardag en Kersfees, kan Marlene gerus kontak. Daar is `n baie spesiale band tussen jou en iemand wat saam met jou verjaar. Hoeveel te meer as dit `n kind is wat nooit bederf word nie?

Vir Marlene is dié twee projekte haar “tiende vir Liewe Jesus” en is dit ongelooflik bevredigend om `n verskil in kinders se lewens te kan maak.

marlene@vrpath.co.za

083 381 4009

 

 

Marelize Bosch 

Die jaarlikse Pajama-party is ‘n pretaand vir vroue, waar almal pajamas aantrek, plat op hul kussings sit, ‘n heerlike driegangete geniet, hartsake gesels, saamkuier met vriendinne en saamlag vir die gassprekers, Elsabe Aldrich en Madeleen Steenkamp. Hierdie projek word aangebied ter herinnering aan ‘n hartsvriendin, Sonja Bailey, wat in 2006 in ‘n motorongeluk oorlede is. Alle fondse word aan Lebone Village geskenk.

Vanjaar se tema is “Colours of India”. Daar is geskenkies vir elke vrou, asook baie gelukstrekkings. Vroue kan teddiebere, kryte, lees- en inkleurboeke saambring, wat Kersfees vir Lebone en ander kinders uitgedeel word.

Die 6de Pajama-party, in samewerking met Passi, vind plaas op 17 Oktober 2013, van 18:00 tot 23:00, by Woodlands Function Venue. Kaartjies (R180 p/p) sal beskikbaar wees vanaf 17 Julie by dr. Gert Smith se spreekkamer (Kamer 207), Mediclinic. Vir meer inligting, besoek ons webtuiste www.pajamaparty.co.za of stuur ‘n e-pos aan info@pajamaparty.co.za 

Dankie aan Christine Steyn-Stevens en al ons borge en vriende van hierdie bederfaand wat verseker dat dit ‘n jaarlikse hoogtepunt vir soveel vroue is. Lebone Village het ‘n spesiale plek in my hart en ek hoop dat hierdie projek iets kan teruggee, en ook Sonja se kosbare lewe kan eer.